Soorte SB

Vorms van selfbeskikking

Hoewel die terme “interne”en “eksterne”selfbeskikking nie in die regte as sodanig bestaan nie, word dit dikwels in die regsliteratuur gebruik om die volgende begrippe te onderskei:

  • Interne selfbeskikking verwys na beperkte vorms van outonomie vir volke  binne ‘n eenheid staat . Dus kan  ‘n volk beheer uitoefen oor bepaalde fasette van hul bestaan binne ‘n eenheidstaat waarvan hulle net ‘n onderdeel is. Dit kan verskillende vlakke van outonomie binne die eenheidstaat behels, maar hulle bly onderhewig aan die eenheidstaat se wette. Dit staan amptelik bekend as SELFBESKIKKING.

In die Suid Afrikaanse Grondwet word daar voorsiening gemaak vir territoriale selfbeskikikng van Taal- en Kultuurgroepe in artikel 235.

  • Eksterne selfbeskikking verwys na sesessie. Dit is waneer ‘n volk binne ‘n nasiestaat daarvan afskei en 100% outonoom word en waartydens ‘n nuwe staat of land geskep word met volle territoriale soewereniteit. Eksterne selfbeskikking is dus amptelik bekend as ONAFHANKLIHEID  deurdat ‘n nuwe onafhanklike staat deur sesessie tot stand kom.

Net soos enige ander volk in die wêreld het Afrikaners ook die reg op selfbeskikking. Vir Afrikaners om selfbeskikking te kry, moet daar kragtens die Grondwet en volgens internasionale regsvereistes op vreedsame wyse met die demokraties-verkose regering van die RSA 

onderhandel word, en dit moet kragtens Artikel 235 van die Grondwet d.m.v.  wetgewing deur die Parlement aanvaar word.

Interne selfbeskikking, selfs al sou ‘n vreedsame skikking bereik word met SA se regering, en al sou die Parlement dit aanvaar, bied egter geen waarborg vir Afrikaners se voortbestaan as ‘n westerse volk nie. Met enige vorm van interne selfbeskikking sal Afrikaners steeds onderhewig wees aan Suid-Afrika se Grondwet en die politieke beheer van die swart meerderheid. Afrikaners se westerse kultuur en waardestelsel verskil diepliggend van die van die swart meerderheid.

Voorbeelde van die geringste  vorm van interne selfbeskikking in Suid Afrika is pogings om Afrikaner-selfstandigheid te bewerkstellig deur eie instanies vir Afrikaners op te rig, asook  Orania en Kleinfontein se beperkte selfbestuur of kultuurgemeenskappe. Hulle bly egter ten volle onderhewig aan die RSA-regering en die Grondwet.

 

Voorbeelde van hoë vlakke van interne selfbeskikking is Skotland en Vlaandere wat elk oor hul eie streeksparlemente beskik. Ten spyte van die uitgebreide outonomie wat die Skotte in die Verenigde Koninkryk en die Vlaminge in België lankal geniet, streef hulle steeds na volle onafhanklikheid, net soos die Kataloniërs in Spanje en Suid-Tirolers in Italië.

Suid Soedan onafhankliheid 2011

Om te kan oorleef as Westerse volk moet Afrikaners streef na die hoogste vlak van selfbeskikking en dit is volle onafhanklikheid oor grondgebied wat  deur die internasionale gemeenskap erken word, d.w.s. territoriale soewereiniteit. Dit beteken die afskeiding (sesessie) van grondgebied van die RSA as eenheidstaat met die doel om ‘n nuwe onafhanklike staat tot stand te bring waar Afrikaners in die meerderheid is, en waar hulle dus op demokratiese wyse oor hulself kan regeer. Dit staan in die internasionale gemeenskap ook bekend as eksterne selfbeskikking soos vroeër verduidelik.

Selfbeskikking kan nie met geweld of oorlog verkry word nie, maar wel deur vreedsame onderhandelinge. Internasionale reg verbied die erkenning van nuwe state wat met geweld tot stand kom – die Palestyne is ‘n goeie voorbeeld hiervan.

Afrikaners kan ook die reg op eksterne selfbeskikking uitoefen sou vreedsame onderhandelinge nie tot ‘n aanvaarbare skikking lei nie, en mits alle interne remedies uitgeput is.  Volgens internasionale reg bestaan daar ‘n reg op gedwonge sesessie ( “remedial secession”), veral waar daar sprake is van onderdrukking van ‘n minderheidsvolk.

In so ‘n geval kan ‘n volk wat selfbeskikking opeis, eensydig onafhanklikheid oor grondgebied verklaar (UDI – Unilateral Declaration of Independence). Onlangse voorbeelde hiervan is die onafhanklikheid van Kosovo (2008) en Suid-Soedan (2011).

Die Kosovare het, nadat vreedsame onderhandelinge met die Serwiese eenheidstaat misluk het en alle interne remedies uitgeput is, in 2008 eensydig onafhanklikheid oor Kosovo uitgeroep. Die Serwiërs wou dit nie aanvaar nie en het die saak na die VN verwys, wat dit op hul beurt na die Internasionale Geregshof (ICJ – International Court of Justice) in Den Haag verwys het vir ‘n regsopinie. In 2010 het 7 uit 10 regters van die ICJ  bevind dat daar geen beletsel in internasionale reg bestaan teen die onafhankliheid wording van Kosovo nie.

‘n Nuwe staat word soewerein sodra die staat se onafhanklikheid erken word deur minstens een ander soewereine staat. Erkenning deur die eenheidstaat waarvan die nuwe staat afskei is nie relevant nie. Dit is egter net logies dat enige nuwe staat soveel as moontlik internasionale steun probeer kry ter wille van ekonomiese oorlewing en volhoubaarheid.

Die eenheidstaat waarvan afgeskei word kan dit nie voorkom deur geweld toe te pas nie, mits die onderhandelingsproses vreedsaam verloop en die volk wat wil afskei dit ook nie met geweld probeer doen nie. Sou daar internasionale erkenning wees vir die nuwe staat mag die regering van die nuwe staat sy soewereiniteit verdedig en dan is die kanse goed dat ander state, wat die nuwe staat se onafhanklikheid erken, militêre en ander hulp sal lewer ingeval van enige bedreiging.

Afrikaners sal moet sorg dat hulle ‘n waterdigte saak het indien hulle eksterne selfbeskikking nastreef.

Om te oorleef moet Afrikaners streef na die hoogste vorm van selfbeskikking en dit is territoriale onafhanklikheid in ‘n internasionaal-erkende soewereine staat, m.a.w. sesessie, of te wel afskeiding,  van grondgebied van die RSA. Dit staan ook bekend as eksterne selfbeskikking.

Dit behels ‘n proses waar ‘n soewerein staat tot stand kom. Internasionale reg maak dit moontlik vir die Afrikanervolk om wetig af te skei (“Secede’) van Suid Afrika onder sekere voorwaardes. Die RSA grondwet het geen beletsel op sesessie nie.

Eksterne selfbeskikking is die enigste opsie wat die potensiaal het om die Afrikanervolk  se oorlewing en toekoms te verseker deur selfregering in ‘n eie soewereine grondgebied en dit is in pas met die moderne wêreld-neigings.

Eksterne selfbeskikking is egter nie ‘n reg nie, maar kan verkry word op vreedsame wyse onder sekere omstandigede.

Daar bestaan ‘n reg tot gedwonge sesessie (remedial seccesion) indien die volk wat selfbeskikking wil hê, dit nie gegun word deur hul eenheidstaat nie en hulle voortbestaan word ernstig bedreig.

Hoewel daar op verskeie regsbronne gesteun word tov bg. stelling, word hier die internasionaal gerespekteerde publikasies van prof. John Dugard se standpunte vir  motiveering gebruik.

Prof. Dugard (SC) is professor in Internasionale Reg by die Universiteit van Leiden in Nederland en ereprofessor in Regte by die Sentrum vir Menseregte aan die Universiteit van Pretoria.

Hy was vir jare lank professor in Regte by die Universiteit van die Witwatersrand en is tans ere-professorale navorsingsgenoot by hierdie universiteit.

Hy tree op as ad hoc-regter in die Internasionale Geregshof in Den Haag en is lid van die Internasionale Regskommissie en spesiale gesant by die Verenigde Nasies se Kommissie vir Menseregte. Hy is die outeur van verskeie regspublikasies.

Volgens Dugard verkry verskillende volke/groepe binne ‘n eenheidstaat normaalweg nie die reg op eksterne selfbeskikking, oftewel die reg om af te skei, van hul eenheidstaat nie. Hulle verkry egter wel die reg op interne selfbeskikking: dit is die reg om hul eie politieke status te kies, om vrylik hul eie ekonomiese, sosiale en politieke status na te streef en om te kies vir en deelname te hê aan die regering van die eenheidstaat.

Die Kanadese Hooggeregshof het egter in Reference re Secession Quebec 1998 , die reg op eksterne selfbeskikking, oftewel afskeiding (‘secession’), in uiterste gevalle van onderdrukking van ‘n volk, afgelei van die voorlaaste paragraaf ten opsigte van selfbeskikking in die Declaration on Principles of International Law Concerning Friendly Relations and Co-operation among States in Accordance with the Charter of the United Nations of 1970.

Die frase ‘territoriale integriteit ‘ is ingesluit by die Friendly Relations Declaration van 1970 en die betrokke klousule lees soos volg:

Nothing in the aforegoing paragraphs shall be construed as authorizing or encouraging any action which would dismember or impair, totally or in part, the territorial integrity or political unity of sovereign and independent States conducting themselves in compliance with the principle of equal rights and self-determination of peoples as described above and thus possessed of a government representing the whole people belonging to the territory without distinction as to race, creed or colour.

Hierdie betrokke paragraaf beskerm die territoriale integriteit van ‘n eenheidstaat slegs indien die betrokke staat optree ‘in compliance’  with the principles of equal rights and self-determination of peoples ….. and belonging to the territory without distinction as to race, creed and colour’.

Volgens Johanson (2004:70) kan die onbetwisbare gevolgtrekking hieruit gemaak word dat, waar selfbeskikking ernstig geskend word, so ‘n staat geen beskerming geniet ten opsigte van territoriale integriteit of politieke eenheid nie.

Volgens Dugard (2005:107) bestaan daar sterk ondersteuning vir die gedagte dat hierdie paragraaf minstens ‘n gekwalifiseerde reg van afskeiding (‘secession’) van die eenheidstaat erken.

Volgens Dugard het David Raic in sy boek Statehood and the Law of Self-Determination (2002:332) ‘n diepgaande ondersoek gedoen ten opsigte van die voorbereidende werksaamhede van bogemelde Deklarasie en bevestig laasgenoemde dat daar ‘n gekwalifiseerde reg vir afskeiding bestaan.

David Raic stel dit soos volg:

Within the framework of the qualified secession doctrine, there is general agreement on the constitutive parameters for a right of unilateral secessionwhich may be summarized as follows:

there must be a people which, though forming a (1.1) numerical minority in relation to the rest of the population of the parent state, forms a (1.2) majority within an identifiable part of the territory of that state;

the people in question must have (2) suffered grievous wrongs at the hand of the parent state from which it wishes to secede consisting of either:

(i) a serious violation or (2. i ) denial of the right of internal self-determination of the people concerned (through, for instance, a pattern of discrimination), and/or         (ii) serious and widespread (2.ii ) violations of the fundamental human rights of the members of that people;

there must be (3) no (further) realistic and effective remedies  for the  peaceful settlement of the conflict.’

Dus volgens Raic voldoen die Afrikanervolk aan die wenslikheid van  Gedwonge Afskeiding  (remedial sessecion. ) Daar word ook gepraat van eksterne selfbeskikking/Sesessie.

Internasionale regsvereistes bepaal dat ‘n volk moet vreedsaam onderhandel vir selfbeskikking, maar indien hulle alle interne remedies (moontlikhede) vir ‘n skikking  uitgeput het en nie slaag in hul doel nie, het hulle die reg om af teskei deur eensydige onafhanklikeid te verklaar (UDI – Unilateral Declaration of Independence).

Die gebied waaroor onafhanklikheid eensydig  verklaar word, word ‘n soewereine staat sodra enige ander staat dit erken – selfs net een staat. (konvensie van montevideo 1933). Natuurlik hoe meer state,  hoe beter. Die Moederstaat van wie daar afgeskei (secceed) word, kan dit nie verhoed nie , selfs al probeer hulle dit met geweld keer.

Indien die moederstaat wel geweldadig die proses onderdruk, is die seperatiste geregtig om hulself te verdedig  en selfs internasionale hulp te ontbied. Internasionale bondgenote is dus van uiterste belang wanneer sesessie oorweeg word. Dit is iets waaraan lank voor die tyd gewerk moet word.

Goeie voorbeelde van suksesvolle sesessies is beide Kosovo en Suid-Soedan wat in 2008 en 2011 onderskeidelik onafhanklik geraak het.

Beide was in bloedige burgeroorloë gewikkel en het niks bereik nie. Uiteindelik was hulle gedwing om die onderhandelingsproses soos wat internasionale reg vereis, te volg. Hul onderhandelings het beide egter  op ‘n dooiepunt uitgeloop, waarna hulle ‘n onafhanklikheidsreferendum gehou het en op grond van die uitslag daarvan  Eensydige Onafhanklikheid verklaar het. Hulle was onmiddellik deur verskeie ander state erken en dus soewerein. Hul oorspronklike moeder-eenheidstate waarvan hulle afgeskei het, kon dit nie verhoed nie.

In Kosovo se geval het  die Serwiese moederstaat ‘n saak by die VN gemaak teen Kosovo se onafhankliheiderkening, met die uti possidetis iuris-regsreël as verweer. Die VN het dit verwys  na die Internasionale Geregshof in Den Haag vir arbitrasie.

Die IGH het in die guns van Kosovo bevind en hulle het hul onafhankliheid behou en is deur nog ander soewereine state erken.  Erkening deur ander soewereine state is wat ‘n nuwe staat soewerein  (onafhanklik) maak.

Dit is dus  belangrik dat Afrikaners moet verseker dat hulle aanspraak op selfbeskikking voldoen aan internasionale regskriteria en die riglyne van die internasionale gemeenskap.

Die rede is dat hulle waarskynlik na die RSA Konstitusionele hof toe sal moet gaan met hul selfbeskikkingseis indien onderhandeling met die regering ‘n dooiepunt bereik. Dit sal ook waarskynlik die laaste interne remedie wees op die pad na eksterne selfbeskikking.

Die eksterne selfbeskikkingspoging  kan dalk selfs na die  Internasionale Geregshof verwys word vir arbitrasie en as  die saak vol skuiwergate is, kan dit Afrikaners se hele poging tot selfbeskikking  verongeluk. Hulle sal ook nie internasionale steun kan kry vir hul onafhanklikeidsaanspraak of erkening van soewereniteit nie.

Afrikaners se apartheidverlede kan veroorsaak dat hul selfbeskikkingseis onder ‘n vergrootglas geplaas word deur die internasionale gemeenskap en enige foute met die eis sal dit laat skipbreuk lei.

Voorbeelde van ander volke wat tans ook streef na eksterne selfbeskikking of onafhankliheid is die Skotte, wat in 2014 hul onafhankliheidsreferendum gehad het en met ‘n klein minderheid daarteen gestem het. Niks verhoed hulle  egter  om weer ‘n referendum te hou nie.

Afrikaners kan ook selfbeskikking of selfs onafhankliheid kry indien hulle die wil sou toon.