Gebied

Waar kan Afrikaners Selfbeskikking Opeis

Internasionale reg en die internasionale gemeenskap gee verskeie kriteria wat in aanmerking gemeen word wanneer  ‘n volk (‘a people’)  aanspraak maak op ‘n spesefieke grondgebied vir selfbeskikking. Hier volg die belangrikste kriteria (n volledige bespreking volg verder ondertoe): 

  1. Historiese onafhanlikheid/soewereniteit:
    1. ‘n Volk wat vantevore onafhankliheid geniet het met internasionale erekening (soewerentieit)
  2. Historiese besetting van grondgebied:
    1. ‘n  Gebied waar ‘n volk permanente besetters was van ‘n grondgebied.
  3. Demografie:
    1. n Volk moet n demografiese meerderheid wees in die bepaalde gebied.
  4. Verowerde grondgebied:
    1. Grondgebied wat voor 1945 verower is.
  5. Grondgebied verkry deur middel van sessie of ooreenkoms.
  6.  Verhouding tussen demografie en grondoppervlakte:
    1. Die volk wat wil afskei se getal verhouding moet ‘n verband hê met die grote van die gebied wat hulle eis.
  7. Minimum ontwrigting:
    1. Minimum ontwringting van mense binne en buite die gebied na selfbeskikking of onafhanklikheid.
  8. Ekonomiese volhoubaarheid van die gebied.
  9. Demokratiese geregtigheid:
    1. Demokratiese regering moet in die gebied tot stand kom binne ‘n billike tydperk na afskeiding.
  10. Basiese menseregte en minderheidsregte moet  aan voldoen word.
  11. Mandaat vir onderhandelinge vir selfbeskikking moet verkry word.
  12. Referendum vir onafhanklikheid van die gebied.

Bespreking van bogenoemde regskriteria vir grondgebied

  1. Historiese onafhanlikheid/soewereniteit:
    1. Historiese onafhanklikheid oor  grondgebied.
    2. Die sterkste aanspraak wat ‘n volk op grondgebied het, is daar waar hulle in hul geskiedenis volle onafhanklikheid met internasionale erkenning (soewereniteit) geniet het.
    3. Afrikaners se sterkste aanspraak is dus op die grondgebied (of minstens dele daarvan) van die Zuid-Afrikaansche Republiek (ZAR – sien Konvensie van 1852 en Konvensie van Londen 1884) wat bestaan het uit die Transvaal en Noord-Natal, en die Republiek van die Oranje-Vrijstaat (sien Konvensie van Bloemfontein van 1854). Beide hierdie republieke se onafhanklikheid is destyds deur verskeie soewereine state erken en hulle het dus soewereiniteit geniet.
    4. Die meerderheid van Afrikaners bly tot vandag toe permanent en gekonsentreerd in ‘n groot deel van hierdie ou Boerepublieke.
  2. Historiese besetting van grondgebied:
    1. Van alle volke wat Suid-Afrika vandag permanent bewoon, is Afrikaners die eerste permanente besetters van die grootste dele van die Transvaalse en Vrystaatse Hoëveld. Hierdie koue hoogliggende dele van die land het geen bome geken voor die koms van Blankes nie. Sonder hout kon die inheemse swart en bruin bevolkings van suider Afrika voor die koms van Blankes nêrens permanent op die Hoë oorleef nie.
    2. Sommige swart stamme het wel gedurende somermaande die Hoëveld se grasvlaktes as weiding vir hul vee benut op nomadiese wyse, net soos wat die San in die somermaande daar gejag het. Nie een van hierdie groepe het egter voor die koms van Afrikaners permanent in die gebied gaan vestig nie.
    3. Gedurende die wintermaande ryp alle flora dood op die Hoëveld en woed daar wydverspreide veldbrande wat deur mense en weerlig veroorsaak word. Sonder weiding vir hul vee kon swart stamme van Afrika nie permanent in ‘n gebied vestig nie. Die Hoëveld ken ook lang tydperke van ernstige droogtes wanneer spruite en selfs riviere opdroog en daar nie genoeg water is vir mens of dier om te kan oorleef nie.
    4. As gevolg van hul tegnologiese ontwikkeling (insluitend die wiel) kon Afrikanerpioniers wel permanent op die Hoëveld vestig en daar oorleef. Die hele Hoëveld vorm deel van die voormalige Boere-republieke waar Afrikaners onafhanklikheid met internasionale erkenning geniet het voor Britse kolonisasie in 1902.
    5. Sedert die Groot Trek en danksy infrastruktuur en werksgeleenthede wat Afrikanerpioniers in die gebied geskep het, het lede van sommige swart stamme wat reeds vir honderde jare suid van die Limpoporivier permanent gevestig was ook op die Hoëveld gaan vestig. Dit is hoofsaaklik Zoeloes, Swazis, Ndebeles en Suid-Sothos. Daar woon vandag byna geen bruinmense in die gebied nie, behalwe in stedelike konsentrasies in Gauteng en by Bloemfontein.
  3. Demografie
    1. Alhoewel Afrikaners nie n meerderheid in die afgebakende gebied moet uitmaak om daarop aanspraak te maak nie, moet daar ingedagte gehou word dat daar uiteindelik n referendum vir selfbesskikking of onafhanklikheid gehou sal moet word waar n meerderheid van 50% + een stem nodig is. Dus moet Afrikaner en hul kultuurgenote wat selfbeskikking steun wel n meerderheid uitmaak teen die tyd dat die selfbeskikking/onafhankliheid referendum plaasvind.
    2. Een van die grootste knelpunte in die debat rondom eksterne selfbeskikking is die argument dat Afrikaners nie aanspraak kan maak op hul eie grondgebied binne die RSA-eenheidstaat nie, omdat hulle kwansuis nêrens die meerderheidsbesetters of inwoners  is nie. U moet kennis neem van die feit dat meerderheidsbesetting as sodanig nêrens in die internasionale reg as voorvereiste vir die verkryging van soewereiniteit beskou word nie. Dit is egter net logies dat ’n minderheidsvolk wat grondgebied opeis vir onafhanklikheid, nie sodanige onafhanklikheid sal kan laat realiseer indien hulle nie in die meerderheid is ten tye van demokratiese verkiesings ná verkryging van soewereiniteit nie.
    3. Dit is aanvaarbaar volgens internasionale reg dat grense deur dorpe tot op straatvlak getrek word om hierdie meerdeerheid te bewerkstellig en is meer algemeen in die res van die wereld as wat mense dink.
  4. Verowerde grondgebied:
    1. Grondgebied wat gedurende die 19de eeu met geweld verower is, onmiddelik daarna deur die veroweraars beset is en tot vandag toe deur hulle nageslag bewoon word, is grondgebied waar selfbeskikking opgeëis kan word. Dit is hoe die koloniste van Noord- en Suid-Amerika, Australië en Nieu-Zeeland vandag nog aanspraak maak op daardie dele van die wêreld en waar hulle volle onafhanklikheid geniet. Sedert 1945 mag grondgebied kragtens internasionale regsbeginsels nie meer met geweld bekom word nie.
    2. Teen die tyd van die Groot Trek in 1836 was groot dele van Suid-Afrika se binneland noord van die Oranjerivier totaal ontvolk. Hiervan getuig verskeie oorspronklike bronne soos verslae van sendelinge, mense wat op ekspedisies uitgegaan het en avonturiers. Die dagboeke van die Voortrekkerleier Louis Trichardt en van Susanna Smit, eggenote van eerwaarde Erasmus Smit, is ook betroubare bronne wat getuig van die situasie in die binneland soos wat dit gelyk het in daardie tyd.
    3. Afgesien daarvan dat inheemse swart en bruin stamme nie permanent op groot dele van die klimaat-onvriendelike Hoëveld kon vestig nie, het daar tussen 1815 en 1835 grootskaalse verwoesting, plundering en massamoorde in die binneland van Suid-Afrika plaasgevind. Dit staan bekend as die era van die Mfecane (Nguni) of Difaqane (Sotho). Die bekendste tiranne van daardie tyd is Tsjaka en sy opvolger Dingane van die Zoeloes, hul wegholgeneraal Mzilikazi van die Matabeles, Mantathisi van die Tlokwas, en Bergenaar en Bloem van die Khoi. Dit word bereken dat nagenoeg een miljoen mense as gevolg van die Mfecane omgekom het. 
    4. Die Voortrekkers het reeds in Oktober 1836 ‘n aanval van Mzilikazi se gevegstroepe moes afweer by Vegkop naby Heilbron in die Vrystaat. In daardie stadium was Mzilikazi en sy Matabeles in beheer van ‘n groot stuk grondgebied wat hulle in die voorafgaande dekade hoofsaaklik van Sotho-Tswanastamme verower het. Die gebied het min of meer gestrek vanaf Middelburg (Mpumalanga) in die ooste tot teen die Botswanagrens in die weste, en min of meer vanaf die N4-roete in die noorde tot in dele van die Noord-Vrystaat. Verwys Grondbesetting  langs  die Vaalrivier  –  voetspore  uit  die  verlede
    5. Sommige Sotho-stamme wat voorheen vir eeue lank die warmer boomryke dele van hierdie gebied permanent bewoon het, is deur die Matabeles uitgemoor soos bv. die Po-stam wat naby Brits gevestig was. Die meeste Tswanas wat voorheen in dele van die gebied gevestig was, is ook hoofsaaklik deur die Zoeloes en Matabeles uitgemoor en/of weswaarts verdryf tot teenaan en selfs verby die huidige Botswanagrens. Sommige Baralong-Tswanas het tot by Thaba ’Nchu in die Vrystaat gevlug waar hulle nakomelinge tot vandag toe gevestig is.
    6. Na die Slag van Vegkop het die Voortrekkerleier Hendrik Potgieter vroeg in 1837 ‘n strafekspedisie teen Mzilikazi uitgestuur en die Matabeles tydens die Slag van Mosega naby Zeerust verslaan. Enkele maande daarna is die Matabelemag tydens die Slag van Kapain by Silkaatskop in die Marico-omgewing finaal verslaan. Mzilikazi en sy mense het toe deur Botswana gevlug tot by Bulawayo in die huidige Zimbabwe waar hulle tot vandag toe ‘n minderheidsvolk is tussen ‘n meerderheid van Shonas.
    7. Afrikanerpioniers het, nadat Mzilikazi en sy Matabeles verslaan is, onmiddellik in die hele verowerde gebied permanent gaan vestig. Hiervan getuig baie Voortrekkergrafte wat oral in die Mootgebied van die Magaliesberge en elders in die verowerde gebied aangetref word, maar ook verskeie betroubare geskrewe bronne van daardie tyd.
    8. Vandag woon daar nie enige van Mzilikazi se Matabeles in Suid-Afrika as eenheidstaat nie en kan die gebied (of minstens dele daarvan) wat die Voortrekkers van hulle verower het met reg beskou word as grondgebied waarop Afrikaners kragtens internasionale regsbeginsels aanspraak het vir selfbeskikking. Afrikaners bewoon die gebied steeds permanent in groot getalle en hulle besit meer as 85% van die grond in die gebied. Die hele gebied val binne die ou Boererepublieke waar Afrikaners volle onafhanklikheid met internasionale erkenning geniet het tot en met Britse kolonisasie in 1902.
  5. Grondgebied verkry deur middel van sessie of ooreenkoms:
    1. Grondgebied wat per wettige sessie bekom is, bied ook aan volke aanspraak op selfbeskikking oor die gebied.
    2. Nadat die Britte in 1843 Natal geannekseer het, het die meeste Voortrekkers wat in Natal gevestig was binne tien jaar die gebied verlaat om in die Transvaal en Vrystaat te gaan vestig. Sommige van hulle het in Noord-Natal tussen die Zoeloes gaan boer in ‘n gebied wat die Britte erken het as Zoeloeland.
    3. Teen 1854 het ‘n groepie Afikanerboere ‘n gebied by die Zoeloes wettiglik gekoop wat bekend gestaan het as die Republiek van Utrecht. Hierdie gebied is in 1860 ingelyf by die ZAR wat toe reeds volle onafhanklikheid met internasionale erkenning geniet het.
    4. In 1884 het genl. Lucas Meyer ‘n groot deel van Noord-Natal by die destydse Zoeloekoning Dinizulu wettiglik per sessie bekom in teenwoordigheid van Duitse gesante. Die gebied het gestrek vanaf die Drakensberge in die weste tot by die Indiese oseaan in die ooste, en vanaf die Pongolarivier (Swaziland) in die noorde tot by die Mhlatuzerivier in die suide. Hierdie gebied het bekend gestaan as die Republiek van Vryheid of die Nieuwe Republiek en dit het ook internasionale erkenning geniet deurdat Duitsland, Portugal en die ZAR die gebied se onafhanklikheid erken het. Afrikanerpioniers het onmiddellik na verkryging van die grondgebied permanent daar gaan vestig.
    5. Enkele maande na die totstandkoming van die Republiek van Vryheid het Brittanje die hele kusstrook van Natal tot by Beira in Mosambiek geannekseer. Afrikaners was weer eens die slagoffers van Britse kolonisasie. Teen 1888 is die oorblywende deel van die Republiek van Vryheid by die ZAR ingelyf waarvan dit deel was tot en met Britse kolonisasie in 1902.
    6. Afrikaners bewoon tot vandag toe groot dele van die ou Republiek van Vryheid, insluitend Richardsbaai waarvan die hawe grootliks op Afrikanerinisiatief en met Blankes se belastinggeld deur die apartheidregering ontwikkel is tot ‘n belangrike uitvoerhawe. Afrikaners besit ook groot dele grond binne die gebied en is ware aanspraakmakers ten minste op ‘n deel van hierdie gebied kragtens die wettige sessie waarmee hulle in 1884 dit by die Zoeloes bekom het.
  6. Verhouding tussen demografie en grondoppervlakte:
    1. Dit is ‘n internasionale riglyn dat die getal bewoners van die grondgebied wat wil afskei as persentasie van die eenheidstaat se totale bevolking relatief moet vergelyk met die oppervlakte van die gebied as persentasie van die eenheidstaat se totale oppervlakte.
  7. Minimum ontwrigting:
    1. Enige sesessie van grondgebied met die oog op onafhanklikheid moet met die minimum ontwrigting gepaard gaan. Dit beteken dat burgers van die eenheidstaat se vryheid van beweging nie onnodig ingeperk mag word nie, en mense se ekonomiese afhanklikheid van werksgeleenthede en bestaande infrastruktuur moet in ag geneem word by die trek van grense vir ‘n nuwe staat.
  8. Ekonomiese volhoubaarheid:
    1. Die internasionale gemeenskap sal nie maklik sesessie van grondgebied steun indien die nuwe staat wat sodoende tot stand kom nie ekonomies onafhanklik en volhoubaar is nie.
  9. Demokratiese geregtigheid:
    1. Dit sal Afrikaners nie baat om selfbeskikking met die oog op onafhanklikheid op te eis oor grondgebied waar hulle nie in die meerderheid is nie. Indien vrye en regverdige verkiesings na verkryging van onafhanklikheid in die nuwe staat gehou word en Afrikaners saam met ander Westerse kultuurgenote nie die meerderheid van stemgeregtigdes binne die gebied vorm nie, sal hulle steeds nie selfbeskikking kan uitoefen nie.
    2. Grense sal dus so getrek moet word dat Afrikaners en hul Westerse kultuurgenote die meerderheid binne die afgebakende gebied vorm.
    3. Na verkryging van onafhanklikheid sal daar doeltreffende grensbeheer en streng immigrasie-beleidmaatreëls toegepas moet word sodat Westerlinge die meerderheid kan bly binne die nuwe staat. Interne selfbeskikking bied nie sulke geleenthede of waarborge nie, selfs nie in ‘n federasie of konfederasie nie.
  10. Basiese menseregte en minderheidsregte:
    1. Geen soeweriene staat sal ‘n Afrikanerbeheerde staat se onafhanklikheid erken indien daar enigsins sprake is van diskriminasie op grond van mense se ras (velkleur), geloof of geslag (of geslagsoriëntasie) nie. Afrikaners sal ook nie selfbeskikking kry van welke aard ook al indien daar sprake is van sulke diskriminasie nie.
    2. Die regte van minderhede wat binne ‘n beoogde Afrikanerbeheerde staat val sal grondwetlike beskerming moet geniet, verkieslik beter verskans as wat tans die geval is in SA se Grondwet van 1996.
  11. Mandaat vir onderhandelinge:
    1. Om enigsins praktiese uitvoering te kan gee aan selfbeskikking oor grondgebied sal Afrikaners in beduidende getalle ‘n mandaat moet verleen alvorens onderhandelinge vir selfbeskikking kan begin. Die internasionale gemeenskap en die RSA-regering sal nie Afrikaners se selfbeskikkingstrewes ernstig opneem tensy daar ‘n beduidende hoeveelheid mense die konsep van selfbeskikking steun nie.
    2. Die laaste keer wat SA se regering bereid was om selfbeskikking vir Afrikaners te oorweeg was na afloop van die algemene verkiesing in 1994. Dit was toe Thabo Mbeki namens die demokraties verkose regering met die destydse Volkstaatraad onderhandel het op grond van ‘n regsgeldige ooreenkoms (Akkoord) wat die ANC met die Afrikaner Volksfront in die aanloop tot die verkiesing gesluit het.
    3. Die Vryheidsfront is die opvolger in reg van die Afrikaner Volksfront en die party het in 1994 se demokratiese verkiesing nagenoeg 425 000 stemme gekry. Intussen het die party se naam verander na Vryheidsfront Plus. Hoewel die party se Program van Beginsels en hul verkiesingsmanifeste openlik selfbeskikking vir Afrikaners bepleit, geniet die party nie naastenby dieselfde steun as wat dit in 1994 geniet het nie.
    4. Daar word aanbeveel dat Afrikanersteun vir selfbeskikking binne ‘n duidelik afgebakende gebied aangevuur   word, aangesien die Konvensie van Montevideo uitdruklik bepaal dat daar ‘n permanente bevolking binne die gebied moet wees vir die totstandkoming van ‘n nuwe staat. Dit is sterk te betwyfel of Afrikaners wat bv. in Gauteng of elders noord van die Oranjerivier woon, ekonomies volhoubare grondgebied vir selfbeskikking suid van die Oranjerivier suksesvol sal kan opeis waar hulle nie permanent in groot getalle gevestig is nie.
    5. Die gebiedsmandaat wat Afrikaners in beduidende getalle vir onderhandelinge sal moet verleen, kan aan enige organisasie of vryheidsbeweging verleen word, dit hoef nie noodwendig ‘n politieke party te wees nie. Dit sal egter sinneloos wees om die politieke proses van steunwerwing van nuuts af te begin, aangesien dit na alle waarskynlikheid Afrikaners net nog verder sal verdeel as wat tans die geval is.
  12. Referendum vir onafhanklikheid:
    1. Indien die vreedsame onderhandelingsproses nie op ‘n aanvaarbare skikking uitloop nie en nadat alle interne remedies uitgeput is, sal die internasionale gemeenskap vereis dat daar eers ‘n gebiedsreferendum vir onafhanklikheid gehou word alvorens UDI uitgeroep kan word. ‘n Meerderheid van 50% plus wat ten gunste van onafhanklikheid stem sal deur die internasionale gemeenskap aanvaar word as ‘n mandaat vir onafhanklikheid.

Moontlike Gebiedskaarte