Selfbeskikking

Wat is selfbeskikking?

Selfbeskikking is ‘n fundamentele reg vir volke om vrylik te kan besluit oor hul politieke status en om vrylik hul kulturele, ekonomiese en sosiale ontwikkeling na te streef.

Daar is twee tipes selfbeskikking: Interne selfbeskikking en eksterne selfbeskikking.

Hoewel die terme “interne” en “eksterne” selfbeskikking nie in die reg  as sodanig bestaan nie, word dit dikwels in die regsliteratuur gebruik om die volgende begrippe te onderskei:

  • Interne selfbeskikking verwys na beperkte vorms van outonomie vir volke  binne ‘n eenheidstaat. Dus kan ‘n volk beheer uitoefen oor bepaalde fasette van hul bestaan binne ‘n eenheidstaat waarvan hulle net ‘n onderdeel is. Dit kan verskillende vlakke van outonomie binne die eenheidstaat behels, maar hulle bly onderhewig aan die eenheidstaat se wette. Dit staan amptelik bekend as SELFBESKIKKING.

In die Suid-Afrikaanse Grondwet word daar in Artikel 235 voorsiening gemaak vir territoriale selfbeskikking van Taal- en Kultuurgroepe.

  • Eksterne selfbeskikking verwys na sesessie. Dit is wanneer ‘n volk binne ‘n nasiestaat daarvan afskei en 100% outonoom word en waartydens ‘n nuwe staat of land geskep word met volle territoriale soewereiniteit. Eksterne selfbeskikking is dus amptelik bekend as ONAFHANKLIKHEID  deurdat ‘n nuwe onafhanklike staat deur sesessie tot stand kom.

Hoekom moet Afrikaners selfbeskikking oorweeg?

Selfbeskikking het ‘n baie regse politieke beeld, nie net agv van die historiese politieke verloop daarvan in Suid-Afrika nie, maar ook agv  ‘n propagandaveldtog deur die linkses en die RSA-regering daarteen vir dekades.

Wat is die huidige situasie:

Met die 1992-referendum is ons vryheid  en gelykheid belowe deur die ANC en destydse president van Suid-Afrika, FW de Klerk.

Op die vraag oor waar Afrikaners staan ten opsigte van selfbeskikking tydens die aanloop tot die 1992-referendum, het pres. De Klerk soos volg gereageer:

“Blankes het niks te vrees nie, want die wigte en teenwigte vir die te-onderhandelde grondwet staan so vas soos die rots van Gibraltar”!

As jy vandag na Suid-Afrika kyk dan moet jy jouself  vra  of  ‘dít’ is waarvoor jy gestem het in die 1992-referendum?

Die historikus, Prof. Hermann Giliomee, skryf oor FW de Klerk in die afsluiting van sy boek ‘The last Afrikaner Leaders’ die volgende:

“The settlement that de Klerk negotiated fell well short of his constituency’s expectations…”

Wat Giliomee dus sê is dat De Klerk nie aan die mandaat van daardie referendum voldoen het nie. Verwys prof. Hermann Giliomee se boek, “The Last Afrikaner Leaders”,  Bl 421-422.

Die gevolge van die KODESA-onderhandeling kan ons vandag duidelik om ons sien. Ons sit opgeskeep met ‘n Grondwet wat nie minderheidsregte na behore beskerm nie en wat nie veel beteken vir Afrikaners nie. Die kwessie van haatgedrewe misdaad word nêrens in die Grondwet aangespreek nie, terwyl haat duidelik die motief is van baie van die aanvalle, verkragtings en moorde wat byna daagliks op ons mense uitgevoer word deur hoofsaaklik swartmense. Afrikaners is onderworpe aan een van die hoogste moord-syfers ter wêreld buite oorlog sones.

Dis veral Afrikaners en die bruinmense wat ly onder die nuwe swart meerderheidsregering – ‘n regering wat volgens Afrikakultuur en waardestelsels funksioneer.

‘n Een-mens-een-stem demokrasie vererger die situasie omdat politieke partye wat poog om beheer oor die land  te kry  – of te behou – rasgebaseerde identiteitpolitiek ten koste van blankes bedryf om sodoende steun onder die swart meerderheid te werf.  Swart Afrikane verteenwoordig meer as 80% van SA se stemgeregtigdes en dit is waar die ANC, EFF, DA en ander partye almal steun probeer werf sodat hulle die land kan regeer.

Identiteitpolitiek is kenmerkend van multikulturele nasies, maar veral van  derdewêreld demokrasieë, juis omdat dit die maklikste manier is om ‘n meerderheidstem te verkry.

Die Genocide Watch het Suid-Afrika in 2012 en weer in 2014 besoek om onder meer plaasmoorde en die algemene hoë moordsyfers te ondersoek.

Volgens die Genocide Watch is Afrikaners se risiko vir volksmoord (genocide)  op vlak 6 van hul 10-vlak skaal geplaas, met Marxsistiese swart rassiste as die skuldiges daaragter.

Verwys na die volgende bronne:

Sedert die ANC aan bewind gekom het, is daar reeds meer as 114 nuwe rasgebaseerde wette geskep wat teen blankes diskrimineer. Dit is 4 keer meer rassistiese wette as in die Apartheidsera, wat net 17 sulke wette gehad het.

Feitlik alle staatsfunksies is besig om te verval ten spyte van uiters hoë belastings. Tesame met toenemende  politieke en ekonomiese onsekerheid,  is baie hoogsopgeleide Afrikaners besig om op grootskaal te emigreer na plekke soos Australië, Brittanje, Kanada en selfs Georgië.

Blankes  het  geen politieke mag in SA nie en maak minder as 8% van die amptelike bevolking  uit.  Afrikaners is maar 5%.

Terwyl  Afrikaners se  bevolkingsaanwas negatief is, groei swart Suid-Afrikaners se getalle en is daar ‘n toeloop van migrante uit die res van Afrika. 

Hierdie toeloop sal  toeneem soos wat globale klimaatsverandering sy tol eis en Afrika se bevolking, volgens die Population Reference Bureau, meer as verdubbel na 2 miljard  teen 2040. Hierdie mense sal al hoe meer ‘n ander heenkome soek soos wat reeds die geval is met die Europese migrante krisis.

 

Politieke leiers en selfs die president van SA sweep hul ondersteuners op om blankes aan te val en te vermoor:

Die toename in plaasaanvalle bewys dat hierdie opswepery ‘n wesenlike invloed het op anti-wit gevoelens in Suid-Afrika. Selfs oud-president De Klerk beweer dat die ANC wittes uit Suid Afrika probeer dryf (verwys: Many whites will be forced to leave the country – FW de Klerk). Afrikaners loop dus ‘n baie hoë risiko om te verdwyn as n identifiseerbare volk  voor die einde van die eeu.

Die Sweedse skrywer en joernalis, Kasja Norman, het ‘n onderhoud gevoer met historikus Prof. Hermann Giliomee en skryf in haar boek, ‘Bridge over Blood River die volgende:

“Giliomee…..sees scant chance of the survival of Afrikaans culture in the longterm or even the survival of the Afrikaners as ‘a people’“.

Frans Cronje, voorsitter van die ‘SA Institute for Race Relations’ is in ‘n artikel op 2 Mei 2017 in Maroela Media aangehaal waar hy sê dat ‘wittes waarskynlik teen die middel van die eeu sal verdwyn in SA.

In die politieke proses word veral Afrikaners geteiken as die swartskape. Afrikaners word polities ontmagtig, ekonomies, sosiaal en kultureel afgetakel op alle terreine.

Hulle word selfs fisies uitgemoor teen een van die hoogste moordtempos ter wêreld. Sommige kenners is van mening dat die moordsyfer in Suid-Afrika dieselfde is as in oorlogsones.

Selfbeskikking is ‘n moderne konsep wat na die Tweede Wêreldoorlog  sy beslag in Internasionale reg verkry het. Die strewe na selfbeskikking deur volke en groepe word in toenemende mate deur die internasionale gemeenskap beskou as ‘n reg wat alle volke toekom. Dit is ‘n moderne konsep wat al hoe meer gewild raak wêreldwyd. Hierdie reg van volke of groepe om oor hulself te regeer word lankal nie meer gesien as ‘n konserwatiewe ideologie nie en dit het selfs die status aangeneem van ’n neo-liberale ideologie. Die reg op selfbeskikking van volke het in die internasionale reg ‘n erga omnes-karakter ontwikkel wat daarop neerkom dat dit ‘n onvervreembare reg van alle volke is.

Duisende Afrikaners het hulself lankal van hierdie apartheidjuk bevry, maar streef steeds na ‘n Afrikanerstaat waar hulle hul eiesoortige kultuur en waardestelsels sal kan uitleef, sonder dat hulle noodwendig deur ‘n staat of grondwet op diskriminerende wyse voorgeskryf word oor hoe om dit te doen.

Daar is ook ander volke en etniese groepe in die wêreld wat na selfbeskikking streef. Baie van hulle is by die Unrepresented Peoples and Nations Organization (UNPO) geregistreer. Afrikaners is ook lid van die UPNO. Die UNPO bevorder selfbeskikking vir minderheidsgroepe in nasie state, gebaseer op internasionale reg.

Voorbeelde van volke wat reeds van die hoogste vorms van selfbeskikking het, is die Kataloniërs in Spanje, Vlaminge in België en Suid-Tirolers in Italië, wat selfs hul eie streeksparlemente en plaaslike regerings het.

  

Ondanks die feit dat hierdie volke reeds die hoogste vorms van selfbeskikking het, is  hulle nou besig om te streef na onafhanklikheid. Internasionale reg maak dit vir hulle moontlik.

‘n Goeie voorbeeld van ‘n volk wat reeds selfbeskikking het en tans ook streef na eksterne selfbeskikking of onafhanklikheid, is die Skotte. Skotland het in 2014 ‘n onafhankliheidsreferendum gehad en het met ‘n klein minderheid daarteen gestem. Niks verhoed hulle egter  om weer ‘n referendum te hou nie. Hoekom moet Afrikaners tevrede wees om in alle opsigte vertrap te word in hul eie land as hulle dan die reg op selfbeskikking het?

Om terug te kom na die aanvanklike vraag:

Hoekom moet Afrikaners selfbeskikking oorweeg?   

 Dit is baie duidelik dat Afrikaners in ‘n groot verknorsing sit in meer as een opsig. Die enigste manier hoe Afrikaners as identifiseerbare groep kan oorleef is as hulle in beheer van hul eie toekoms is. Sodoende kan die probleme wat hulle in die gesig staar effektief aangespreek word. Die reg op selfbeskikking bied die moontlikheid om beheer oor hul eie toekoms te kry.